Sarie Marais

 

Pagina: 437

Joan van Niekerk.

1.
My Sarie Marais is so ver van my hart,
Maar ’k hoop om haar weer te sien.
Sy het in die wyk van die Mooirivier gewoon,
Nog voor die oorlog het begin.

Keerzang:
O bring my trug na die ou Transvaal,
Daar waar my Sarie woon:
Daar onder in die mielies by die groen doringboom
Daar woon my Sarie Marais,
Daar onder in die mielies by die groen doringboom
Daar woon my Sarie Marais.

2.
Ek was so bang, dat die kakies my sou vang
En ver oor die see wegstuur;
Toe vlug ek na die kant van die Upington se sand
Daar onder langs die Grootrivier.

3.
Die kakies is mos net soos ’n krokodillepes
Hul sleep jou altyd watertoe.
Hulle gooi jou op ’n skip vir ’n lange lange trip
Die josie weet waarna toe.

4.
Verlossing het gekom,
en die huistoe gaan was daar,
Trug na die ou Transvaal,
My liewelingspersoon sal seker ook daar wees
Om my met ’n kus te beloon.

PDF icon Download partituur