Ou tante Koba

 

Pagina: 438

1.
Ou tante Koba, die is so dom;
Sy roer haar koffie met haar groottoon om.
Ou tante Koba die is so bly,
Sy denk, sy sal een skoonseun kry.

Keerzang:
Dis nie myne nie, dis nie jouwe nie
Dis ’n andermanse goed, waar jullie om stry;
Andermanse koffie
Andermanse tee
Andermanse dogter die dans julle mee.

2.
Lank is die seun, en kort is sy pa
Mooi is die dogter en lelik haar ma
Dis te ver te loop en te na om te ry
Hoe sal ek maak om die blom te kry?

3.
Bo op die berg daar staan ’n blom
Ek weet niet hoe te maak om by te kom;
My perd is dood en my os is lam,
Dis ’n andermanse goed, waar jy om kamp.

PDF icon Download partituur